Beste NOS-studente
Ek voel dat indien jy
enige klagtes het oor hoe vanoggend se 9:00 les op 13 Maart 2015 “hanteer” is,
of dat Meneer Knoetze “onprofessioneel” opgetree het, vra jouself af: hoe
professioneel het JY opgetree?
Ons het inbreuk gemaak
op sy lesuur deur na 9:00 nog IN GROEPE ROND TE STAAN EN MET MEKAAR TE GESELS,
daar is in groepe saamgedrom om ‘n opdrag in te gee wat jy na die afloop van
die klas ook sou kon ingee; die dame wat dit ingeneem het vir Dr Joorst sou nêrens
heen gaan nie. Hierdie is gedoen
gedurende Meneer Knoetze se lesuur. Weereens,
infringement, for what. Jy was besig met ‘n ander dosent se werk gedurende
Meneer Knoetze se klas. Hoe
professioneel dink jy was dit.
Volgende; Meneer
Knoetze het die klaskamer se ligte afgeskakel – dit was sy manier om ons aandag
te kry – net soos daai aandagstreep. Nie net wou hy ons aandag gedurende die
lesing hê nie, hy wou stilte bewerkstellig deur die lig af en weer aan te
skakel, in my opinie. Di ten dat student besef hulle moet in hulle sitplekke
kom.
Dit waarvoor ek my die
meeste skaam is nie hoe student na die tyd gekla het en ‘n petisie begin opstel
het om te kla oor Meneer Knoetze se “onprofessionalitiet” nie, maar my eie
reaksie. En wat was dit? Niks. Ek het gedink ek moet opstaan om almal wat
gepraat het stilt e maak, maar ek het nie.
Ons verwag professionaliteit en respek,
maar niemand het in vandag se lesing enige respek aan Meneer Knoetse getoon
nie. Dit het ons byna 10 minute geneem
om tot stilte te kom. Indien ons soos
verantwoordelike, intelligente, volwasse “grootmense” behandel wil word, moet
ons so optree. Niemand, in my opinie,
het dus die reg om te kla oor die verloop van die dosent se gedrag vanoggend
nie.
Indien jy een van díe
is wat gepraat het – of dit nou staande in groepe was, of kliphard terwyl jy op
die banke gesit het – en of jy een van diegene is wat, soos ek, net in stilte
gesit en wag het vir verandering, het jy enige en alle “regte” wat jy dink jy
het, verbeur.
No comments:
Post a Comment